Showing posts with label gedigte. Show all posts
Showing posts with label gedigte. Show all posts

Sunday, September 21, 2025

wanneer ek dans 

wanneer ek dans 
glip my siel uit my tone
en word so sigbaar en tasbaar
soos 'n ver-rykende boom

kom staan onder my arms
se skarnierende skaduwees

die toorkrag begin't vonk
die winde pirouette
hulle warm poele
oor my wange en kuite

my dansende lyf is
rinkinkende ligkolle
wat geruisloos deur
die strak gesig van die straat kolk

- Lara Kirsten

Tuesday, September 9, 2025

vir breyten

die leemte wat jy los
breek die hart
soos 'n swael-seisoen
wat nooit
ooit
weer sy draai
oor die a a r d b o l
gaan gooi nie

 - Lara Kirsten

Friday, June 20, 2025

Meditation 1

Serenity of stone,
dry at last after the deluge.
Dry blood colour,
kingfisher home.

Kingfisher hovers,
plummets, wallops fish
and swallows.
The bare bones of a poem follow.

The truth is not a shadow,
but the sun throws its outlines down.
No significance, just motion
of pen and pages in the wind,
the trembling shadow
of the hat-band flying away
from under my throat.

– Silke Heiss

Monday, March 17, 2025

ag nee, geitjies sterf ook

ek maak my venster oop
en op die vensterbank val
'n piepklein geitjie
                            gekwes

hy het seker in 'n gleufie skuiling gevind
en toe ek hierdie oomblik kies
om die venster oop te maak
                             knyp
die raam deur
sy dun lyfie
etlike lewenstrillings flits deur sy selle
en skielik net so stil
net so
                            dood

sy lyfie so weerloos en klein
my skrik so bitter en groot
alle klammigheid in my mond verdwyn
my oë dartel wild oor die kortstondige lewensboog
waarin hierdie brose wesentjie in
hierdie klein hoekie
van die aardbol gestraal het

'n halfuur later kom ek terug
om seker te maak die geitjie is nog daar
en dalk wonderbaarlik weer opgestaan het

                          maar nee
'n hele spul reuse miere
oortrek sy lyfie en
                         verlustig
hulself aan alles wat
hom eens laat beweeg het

die skok trek my platter
hoe gou so polsende kleinood
                         oplos tot in
die onpolsende
                         niet

 - Lara Kirsten

Friday, February 28, 2025

in sy oë

        dit is koud vanaand in kaapstad 
die bedelaar soek 'n stuk warmte in
sy kartonbed
sy mond is hard soos
die betonmure
wat oral
om
hom
oprys
maar in sy oë
sien ek iets van sy siel skyn soos
'n perdeblom wat
deur
die krake
breek

in his eyes


        it is cold this night in cape town
the beggar hungers for a piece of warmth
in his cardboard bed
his mouth is hard like
the concrete walls
that
rises
all
around
him
but in his eyes
i see something of his soul shine out
like a dandelion
breaking
through
the cracks

 - Lara Kirsten

Saturday, June 29, 2024

Nyad

as Diana Nyad op 64 vir

53 ure lank kon swem oor
177 kilometers in
die donker en wilde oseaan
dan kan ek vir 'n skamele uur lank sit en digkuns skryf
deur die waters van my selfvertroue en verbeelding
sal ek swem

fokkit dink daaraan
53 ure
nie slaap
nie eet
net swem

tog, dink ek wat Nyad gedoen het
is baie meer moontlik
as sit en skryf vir 53 ure lank

mens is nader aan vis-wees
as aan sit-en-skrywer-wees
swem, skop, vorentoe beur is
veel meer natuurlik as
sit en skryf
- wat 'n krampagtige, verwronge posisie om
in te leef en te oorleef!

swem, lara, swem!

- Lara Kirsten

Tuesday, June 18, 2024

dis genoeg gevra van 'n gedig

ek het jare terug geskryf oor hoe ek wag vir
die Groot Gedig om sy verskyning te maak
- en ek wag nogsteeds!

nou wat ek terugdink aan daai gedig
besef ek wel hoeveel klein Grootmoedige Gedigte ek
sedertdien geskryf het
verse wat nie noodwendig sosiale, ekologiese
en politiese grense verskuif nie
maar verse wat wel vonke in my murg skiet

die Groot Gedig mag my nog ontwyk
maar vir nou skaar ek my by my klein Groothartige Verse
met hulle in my mond
word my voeteval
verkwik met 'n waaghalsige elegansie

- en dis genoeg gevra van 'n gedig
- groot of klein!

 - Lara Kirsten

Tuesday, April 16, 2024

elke dag word my hande hergebore
met die saad van 'n oneindigende veld
van gebare

   *

die kuns van die kleine
is die strewe werd:
een klein tree
is die begin van
die duisend-myl pelgrimstog

   *

hier met die woorde
so digby my
voel ek so tuis en geanker
deel van genesing lê 
in taal

   *

speel spel
spul spaander
spat spalk
spoel spoeg
spuit sprei
sproei spog 
spruit
die woordspieëlings    

   *

drup-drup die dig-druppels

watter grond 
gaan hulle natlei 
vandag?

   *

uit die traankliere van die druppelinge

 - motreën - 

die stil ekstase van 
seëninge

 - Lara Kirsten

Friday, May 19, 2023

klawer-aarde 

        vir my Feetjie-Fiona & Abs van Rooyen


ek het nooit grond besit
maar vandag met my vingers al hangend oor die klaviatuur
voel ek hoe dit is om
n stukkie aarde myne te kan noem
n stukkie swart en wit klank-grond
wat ek met die dieptes en hoogtes op en af kan klim

hoe baie klaviere het al onder my hande gegaan
onder my palms gesing
gebrand gevloei gevlieg
maar dan moet ek gou koebaai sê
want hulle was nooit myne nie

maar hier staan my eie klavier nou haar stewige staan in my see-huisie
is dit hoe dit voel om
n stukkie aarde te besit?
n stukkie woud?
n stukkie wind?
n stukkie oseaan?
n stukkie oase?

ek sien uit na die trillende horisonne wat deur die snare gaan oopbreek
die getye van melodie
ë wat die mure gaan afbreek
en die sterrehemel van die harmonie
ë
wat in my hart gaan inbreek
ek sien menigte klein oerknalle wat die punte van my vingers gaan lostoor!

maar vir nou,
buig ek neer voor hierdie klawer-aarde
en ek sê dankie  dankie   dankie

 - Lara Kirsten

 

Friday, May 5, 2023

verrukking van klank

vlugtig vlieg die ritmes uit my vingers
en draai ek in 'n kolk van ekstatiese malkoppigheid
totdat swart en wit,
spier en hout,
son en vel
ek en jy
een word
die musiek ons vasboei
die melodie ons in hegtenis neem
en die wispelturigheid van die sikloniese ritmika
ons verewig gevangene hou
in die verrukking van klank

exuberance of sound


flightily the rhythms fly from my fingers
and i turn in a whirlpool of ecstatic madness
till black and white,
muscle and wood,
sun and skin,
you and i
become one
till the music shackles us
the melody takes us captive
and the moodiness of the cyclonic rhythm
ensnares us forever
in the exuberance of sound

 - Lara Kirsten

Monday, April 24, 2023

dit is hoe ons kies

     vir Portchie

o februarie jou mooi en warm ding!
ek gly diep binne in jou murg
daar waar die werwels van somer spruit
ek sny my hande diep in die seisoen se lieste
en ruik die beurende vrugbaarheid

die oseaan is koel marmer vandag
ek dans oor die strandpaaie
met hande wat soos hibiskusse blom

die digkuns rinkink al agter my aan
vir 'n verandering is ek voor die digkuns die pad af
my tone proe die verslustige velde
lank voordat hulle in woorde ontkiem

dit is hoe ek en jy kies om hierdie dae te leef:
duikend, dansend en verwend in elke nuwe nou

 - Lara Kirsten

Monday, April 3, 2023

klok

my hart trek
in die vorm van
‘n klok

     ek prewel ‘n gebed
     mag ons nie lui raak met liefde en
     nooit die noodsaak van die skeppingsdaad minag

ek begin lui van diep binne my bors
dit tril en ril deur al my spiere totdat my lyf
opstyg en beier die wye lug in

     word wakker wêreld, word wakker! 
     die nuwe dag breek aan soos ‘n seisoen van swaeltjies
     in vlug na die reuk van somer


bell

my heart pulls
into the shape of
a bell

     i murmur a prayer
     may we not become lazy with love and
     never underestimate the necessity of the creative deed

i begin to resonate from deep inside my chest
it shudders and shakes through all my muscles until my body
starts to rise and chime through the whole sky

     wake up world, wake up!
     the new day breaks like a season of swallows
     in flight after the smell of summer

 - Lara Kirsten

Monday, January 16, 2023

2023

Al die poets skryf oor dié jaar
asof hulle regtig weet sy bring heil.
Die rykmanne gee raad oor dinge wat werk (of nie),
maak reg vir nog ‘n ronde dobbelwerk
om hul sakke te laat bult.
Die sangers polish kitare,
die sportmanne (en vroue) stof ‘n slag hul bekers af

Maar die Essies en Linas en Karels
sit onder koeltebome op sypaadjies en wonder
hoeveel keer hulle vanjaar sal eet
en of die Here tóg ‘n tikkie genade
oorhet.

This holiday

I ate Coco Pops from the box
With my 7-year-old son beside me,
reaching in for a handful too.
I jumped in swimming pools with strangers,
played endless rounds of cards,
read books by unknown authors
and ate a lot of food.
I danced in the rain with my daughter,
took drives down unfamiliar roads,
played tennis in the passage,
broke many plates and glasses,
and laughed and laughed with my children
till the inside of our bellies hurt.

I cried, too,
writing fiery poetry to my toxic self
filled with pinky promises of how, this year,
I will tread lightly,
gently
softly,
knowing all too well
that eating sweets for breakfast
is a lot easier to do.

 - Alvené Appollis-du Plessis

Wednesday, November 2, 2022

klipwee

          meanings that will not part from the rock - Ted Hughes

hoeveel weke nou in die stad
en my oë soek elke greintjie van klip
en onbewoonde klip-koppie uit
daar is so 'n sterk hunkering na
'n diepe indompeling in
die klip-natuur

dit is 'n skaarse ding hier
want sement en staal floreer
en tentakel onderhands
elke klip-porie

as daar so iets bestaan soos heimwee
dan moet daar seker ook klipwee wees -
'n wilde waansin om in aanraking te kom
met suiwer onopgesmukte klip
daai onstuitbare honger na
die
genadelose
opregtheid
van
klip

 - Lara Kirsten

Monday, September 19, 2022

‘n Lewe met myself

Selfs wanneer die dae op hul ylste is
en die skaduwee van menswees
soos donderwolke op my skouers pak
en die gehunker na die dood soos 'n draadloos
in my ore blêr,
is daar hoop in die stomende beker koffie
waarom ek my vingers vou
en die oplig van die kam
waarmee ek saggies die koeksels uit my hare haal –
soos my ma gemaak het toe ek klein was.

Ek weet daar is hoop
in die botter op kleinmens-toebroodjies smeer
en appels en piesangs netjies langs die jogurt pak
en die saamsing in die kar
tussen af-verkeersligte deur Stanford
voor ek rooilip-soentjies op voorkoppies plak.

Daar is hoop in die digkuns voor die skryfbord
en die tienerbreine, -bekke, -vrae wat lomp oor my drumpel trap
en net 'n glimlag van juffrou soek.

Ek weet daar's hoop in die opkap van die ui
en die afmeet van die rys
wat meer as net my hande besig hou.

Daar is hoop in slaaptyd stories
en in die aandgebed,
selfs as ek nét dankbaar is
vir die grys sokkies aan my voete
en dat die donderwolke op my skouers
nie vandag gebreek het nie.

- Alvené Appollis-du Plessis

Tuesday, July 12, 2022

Escher tuimel in die digtersharte

ek wil 'n gedig skryf
wat soos Escher
jou kop en lyf laat dryf
op met die trappe af
wanneer jy dink jy rym na regs
gooi hy jou radar na
links
jy dink jy het gaan visvang
en nou sit daar 'n voël in jou net
die dubbeldwarsterugspieëling van metafore
die interweef van dimensies
kruisbestuif die oorvleueling van persepsies
en soek nie om die positiewe van die negatiewe te onderskei
hulle is gesmelt in dieselfde gesig van die munt
'n gedig met geen begin of einde
'n oneindigende verdraaiing en intolling van
'n duisend digtersharte
wat jou dieper en vlakker
verder en nader bring aan die perspektief
jy bly jou inasem uitasem
terwyl jou vryheid verstrengel lê in
die labirintynse arms van hierdie vers

 - Lara Kirsten

Monday, June 13, 2022

dit is nie toevallig

Madame Poësie,
dit is nie toevallig dat
jou Poesie sonder die umlaut
die ingang van die wêreld en
al sy wondere is nie!

O Poësie,
Jy is my Poesie sonder die deelteken
die kolkgat van ekstase
die fluweelsikloon van verrukking
die peristaltiese kern van Kreatiewe Begeerte


die kwikstertjie

die kwikstertjie kom deur die koffiewinkel gepyl
hy weet presies hoe om
om die stoele, rakke en menskoppe te navigeer

soos wat die kafee leër word
vlieg hy weer na binne en trippel
met 'n ratse self-vertroue oor die vloer
pik al agter die krummels aan

sy lewenshouding soveel aantrekliker
as meeste mense bukkend oor
hulle fone en koffiekoppies

 - Lara Kirsten  

Wednesday, March 30, 2022

Digterlike ruggraat

Ek skryf hierdie gedig vanuit my ruggraat
Ek lei in elke sillabe vanuit my werwels
Laat die metafoor haarself om die volbloedige kolom weef
In tollende kolke ontwaak die oer-pols

Ek buig agteroor in ‘n wyduitgestrekte boog
Totdat my mond uitbundig oopval
En die son nie kan help om reguit af te duik
Na die kernsenuwee van my ruggraat

‘n Son begin te spruit tussen elke rug-sinaps
Die strale stroom met vaartbelynde spoed
Deur al die donker en newelagtige begrensinge van my selle

Ek buig vooroor met my knieë en voorkop al soenende die aarde
Innerlik omhels ek hierdie sonkragtige ontploffing
Voordat dit uit my vel peul en ekstaties my digterlike bedoelinge verblind

Ah, jy kan letterlik die letters sien afdruppel teen my rug
Hulle is altyd daar
Herinner my aan my digterlike ruggraat
en om sagkens saam met dit te beweeg en nie teen dit nie

In die gedurige giet en hergieting, ontwyk die gedig voltooiing
Probeer heeltyd daai perfekte natuurlike buiging te vind
Vanwaar elke vers kan uitstrek
En uitryk na jou soos warm ledemate
Om jou te omvou met waaghalsige ruggratige gretigheid

 - Lara Kirsten

Wednesday, February 16, 2022

A basket of love poems

In the spirit of Valentine's day, Ecca Poet Silke Heiss collected a variety of love poems from the Ecca Poets. Herewith the selection.


Catch him


As the mists at last clear,

a robin comes to the troughed aloe leaves

to drink.

 

You can’t see him from your seat

splashing, sipping, flipping away –

so I write this poem

 

to catch him

for

you.

 

Norman Morrissey

 

(published in To the Far Horizon, Hogsback: 2015) 

 

Namibia

 

Pitched camp. And the mopani bush is quiet;

the evening still, the clouds adrift –

the first clouds we have seen these two weeks.

You have taken the kids out to see the cheetah

at the research centre: some breeding project

for an endangered species. I sit amongst our things,

with day’s heat setting in the west,

a Windhoek beer a-downing for my thirst:

I’ve worked up quite a heat, pitching the tent,

in this desert land, spreading our sleeping gear,

laying out a meal, for you and the boys. 

Ah, my love, you are encamped in the fenced

wilderness of my heart. Our place is made. 

Come home now, and rest. Love is such a rare,

endangered beast, we must deliberately protect,

so that coming generations may know.

 

– Brian Walter

 

(published in Brood, Ecca Poets, Hogsback: 2010)

 

For Clara, 19 months


Language is an envelope:

inside it you might find

a tiger, a dragonfly,

or a smooth river pebble.

 

By now

your own naming of the world

is gathering pace like a river . . .

 

Just when the sound of the words

“Mond” and “Sterne”*

became, for you, moon and stars,

I do not know,

 

but there is wonder

in your eyes and your face

as you look to the sky and say

“Mond”, “Sterne”.

 

You are the bright star

in my universe,

and a moon, too, often in flux.

 

Together with your mother

we form a triangle, a clan,

a constellation.

 

In the years to come,

whatever they will bring,

may your light keep reaching me

just as it does now.

 

Ed Burle

 

(published in What It Is, Ecca Poets, Plettenberg Bay: 2020)

__________

*“Mond” and “Sterne” should be heard according to their German pronounciation, i.e. ‘mawnd’ and ‘shtahne’ (‘a’ as in ‘glad’)

 

Each day its reverence


Waking

into my consciousness,

gradually re-kindling my flame,

 

I want to press

my forehead

against your shoulder –

 

innoculate

by touch of pulse

your tissue, vapour, fragrance

against whatever dangers.

 

Ah, Love, let us protect each other

from those moments in our selves

that do not sing –

 

let tender touch of skin on skin

to each day

its reverence bring.

 

– Silke Heiss

 

(published in Greater Matter, Poetree Publications, Johannesburg: 2019)

 

jou borskas

        vir Kim

 

jou borskas is die perfekte houvas
soos 'n warm rotswand waarteen ek hoër en hoër uitklim

my hart spring met 'n swier uit my ribbes
en kom lê polsend teen jou bors

jou sternum smelt weg
my hart skop nes teen joune

in rooi, nat ekstase 

 

– Lara Kirsten

 

(published in Alles is Anders, Ecca Poets, Knysna: 2021)

 

Caving

 

There is music

in the way you say my name

 

sounds of Coldplay

ringing in the air

reminiscing your hands up my shirt

bent over literature,

philosophy

and cups of cold coffee

in our cave

 

Where our bodies share secrets

and our minds made love

to childhood foes

and grown up dreams,

not knowing

if tomorrow holds enough books

to keep our story alive.

 

– Alvené Appollis-du Plessis

 

Love Fury

 

Today the world is coming through the walls again –

through our computer speakers, declaring

that doom is imminent, insisting

that we are turning the earth into a fire –

 

just like the one I used to imagine, burning

on and on into eternity

when I was a Protestant boy.

 

Today it came to me: what if

that vision was accurate? Maybe I’ll find myself

one of these days, in a long line

headed for extreme weather. I don’t know.

 

All I have to exchange with you,

to set down here against the likelihood

of apocalypse as night falls,

is this clear image: the two of us

standing side by side

this day six years ago,

when we promised to surrender

to a different, slower burning,

to offer ourselves up to a different fire.

 

So I’ll be on board when they say

we must cut down on emissions.

When they ask us to leave smaller footprints

of carbon on the earth, I’ll sign up,

or at least sign the petition.

But there’s a secret, sustaining

fire I keep close to me,

guarding an inner space science has not named;

and I guard it every day so it doesn’t collapse,

so the world won’t keep growing smaller inside my chest.

 

 Now, as opinions harden, as feeling

and thought are both blunted from misuse,

may I always carry with me

these traces of our fiery pilgrimage.

May something in me remember

how to be molten, to remain

hot and excessive, in tune

with things hidden under the earth;

willing to change my shape

to contain this old love fury

that makes and unmakes us every day.

 

Jacques Coetzee

 

Green tomatoes

for Sheila

 

“… apart from that

the house remains the same

since you have gone. I suspect

the clock has stopped in sympathy

with silence, cars at night

on the Alice road, pass,

a distance slower.

I couldn’t find the bread-knife,

bought some rolls instead

(the shop lady said they

would keep forever if I freeze them).

The man from East London came

about upholstering,

I said we’d have to wait and see …

He left his card “in case”.

O’ Yes, I almost forgot, surprise, surprise!

I pulled the curtains back

to watch the rain, hey presto,

there they were, blushing in rows,

the green tomatoes

you left to ripen.

P.S.

When are you coming home?”

 

– Cathal Lagan

 

(published in Sandbird, Alice, Lovedale Press: 1999)

Thursday, October 28, 2021

kamerade

ek laat my een oog toeval
en sit my vinger liggies op my oogbal
ek voel die ratse reaktiewe spierkragtigheid wat
my oog heen en weer katrol

met my vinger in sagte aanraking met
die flinke oog-aksie
besef ek net meer hoe
hard die oog deur die dag EN die nag werk
hoe ver en fyn sy kan sien

ek hou my handpalms warm en
saggies oor my twee oë
ek murmureer 'n innige dankie vir
hierdie twee kamerade
wat so mooi na my kyk

 - Lara Kirsten