Wednesday, November 2, 2022

klipwee

          meanings that will not part from the rock - Ted Hughes

hoeveel weke nou in die stad
en my oë soek elke greintjie van klip
en onbewoonde klip-koppie uit
daar is so 'n sterk hunkering na
'n diepe indompeling in
die klip-natuur

dit is 'n skaarse ding hier
want sement en staal floreer
en tentakel onderhands
elke klip-porie

as daar so iets bestaan soos heimwee
dan moet daar seker ook klipwee wees -
'n wilde waansin om in aanraking te kom
met suiwer onopgesmukte klip
daai onstuitbare honger na
die
genadelose
opregtheid
van
klip

 - Lara Kirsten

No comments:

Post a Comment