Showing posts with label Lara Kirsten. Show all posts
Showing posts with label Lara Kirsten. Show all posts

Sunday, September 21, 2025

wanneer ek dans 

wanneer ek dans 
glip my siel uit my tone
en word so sigbaar en tasbaar
soos 'n ver-rykende boom

kom staan onder my arms
se skarnierende skaduwees

die toorkrag begin't vonk
die winde pirouette
hulle warm poele
oor my wange en kuite

my dansende lyf is
rinkinkende ligkolle
wat geruisloos deur
die strak gesig van die straat kolk

- Lara Kirsten

Tuesday, September 9, 2025

vir breyten

die leemte wat jy los
breek die hart
soos 'n swael-seisoen
wat nooit
ooit
weer sy draai
oor die a a r d b o l
gaan gooi nie

 - Lara Kirsten

Saturday, August 9, 2025

soms

soms, tog soms
kry ek nog so oomblik van verruklike oorstelp
waar my nek en keel uitspan met
'n vlietende uitbundigheid
vanoggend was so vlietende somse oomblik -
toe voel dit asof al my voorouers en al die kunstenaars
hier deur my keelbande wil losbreek

ja soms, tog soms
word ek oortref met iets groters as ekself

en dan draai ek om
en trap ek weer in my bekende lara-spoor

maar iets bly gloei in my nekspiere
iets helder bly agter

 - Lara Kirsten

Thursday, July 31, 2025

the belief and the mistrust

with an inbreath
poetry creates the belief in the infinite expression
and with the outbreath
the poetry staggers with the exasperated mistrust
in its limitations

 - Lara Kirsten

Wednesday, July 23, 2025

it is not poetry

it is not poetry that climbs
the trees the rocks
it is these fierce hands that grip the elements
in survival lust

it is not poetry that opens the curtains to
the bright new day
it is these joyous hands that
invite the new light in

it is not poetry that cuts the vegetables
and stirs it into soup
it is these nurturing hands that
instinctively feed my hungry body

it is not poetry that opens the piano lid
and practices hours to perfect Rachmaninoff
it is these committed hands that
keep rising and falling in harmony

it is not poetry that caresses
love into your skin
it is these passionate hands that
know how and where to soothe

it is not poetry that lifts the blanket
to cover my night's sleep
it is these loving hands
that guide me to the land of dreams

it is not poetry that deserves the adoration
it is my hands that need that
little bit of love that tells them
"it is all right, you have a fine grip on things"

it is not poetry that holds this pencil in fiery clasping
it is this single fervent hand
that loyally follows the impulse
of my heart

 - Lara Kirsten

Monday, March 17, 2025

ag nee, geitjies sterf ook

ek maak my venster oop
en op die vensterbank val
'n piepklein geitjie
                            gekwes

hy het seker in 'n gleufie skuiling gevind
en toe ek hierdie oomblik kies
om die venster oop te maak
                             knyp
die raam deur
sy dun lyfie
etlike lewenstrillings flits deur sy selle
en skielik net so stil
net so
                            dood

sy lyfie so weerloos en klein
my skrik so bitter en groot
alle klammigheid in my mond verdwyn
my oë dartel wild oor die kortstondige lewensboog
waarin hierdie brose wesentjie in
hierdie klein hoekie
van die aardbol gestraal het

'n halfuur later kom ek terug
om seker te maak die geitjie is nog daar
en dalk wonderbaarlik weer opgestaan het

                          maar nee
'n hele spul reuse miere
oortrek sy lyfie en
                         verlustig
hulself aan alles wat
hom eens laat beweeg het

die skok trek my platter
hoe gou so polsende kleinood
                         oplos tot in
die onpolsende
                         niet

 - Lara Kirsten

Friday, March 7, 2025

stil lewe

ek het weer so siek geword in my longe
slapelose nagte
verstarde en moeë dae
bolyf en borskas so seer

vandag so laagtepunt bereik
geen fisieke of kop krag

ek sien niks veel raak nie
ek is in so sieke dwaal
dit wat ek wel sien lyk faal

      maar
daar was
een     enkele
objek
wat my aandag verwonderd vasgehou het:

'n leë
consol
glas pot

die manier hoe sy net daar so     geruisloos
in die oggendlig staan en      blink in
haar glassigste glassigheid

ek sit op die vloer en bly kyk en kyk na haar
'n eenvoudige glas pot

ek hoef nie eens aan haar te vat nie
sy is werkliker as werklik
meer betroubaar as my hart en my kop
sy die hoopvolste stil lewe in
my bestaan vandag

die poëtiese misterie:
hoe verruk ek staan teenoor
hierdie
     harde
         helder
              deursigtige
passieloosheid van glas

 - Lara Kirsten

Friday, February 28, 2025

in sy oë

        dit is koud vanaand in kaapstad 
die bedelaar soek 'n stuk warmte in
sy kartonbed
sy mond is hard soos
die betonmure
wat oral
om
hom
oprys
maar in sy oë
sien ek iets van sy siel skyn soos
'n perdeblom wat
deur
die krake
breek

in his eyes


        it is cold this night in cape town
the beggar hungers for a piece of warmth
in his cardboard bed
his mouth is hard like
the concrete walls
that
rises
all
around
him
but in his eyes
i see something of his soul shine out
like a dandelion
breaking
through
the cracks

 - Lara Kirsten

Saturday, June 29, 2024

Nyad

as Diana Nyad op 64 vir

53 ure lank kon swem oor
177 kilometers in
die donker en wilde oseaan
dan kan ek vir 'n skamele uur lank sit en digkuns skryf
deur die waters van my selfvertroue en verbeelding
sal ek swem

fokkit dink daaraan
53 ure
nie slaap
nie eet
net swem

tog, dink ek wat Nyad gedoen het
is baie meer moontlik
as sit en skryf vir 53 ure lank

mens is nader aan vis-wees
as aan sit-en-skrywer-wees
swem, skop, vorentoe beur is
veel meer natuurlik as
sit en skryf
- wat 'n krampagtige, verwronge posisie om
in te leef en te oorleef!

swem, lara, swem!

- Lara Kirsten

Tuesday, June 18, 2024

dis genoeg gevra van 'n gedig

ek het jare terug geskryf oor hoe ek wag vir
die Groot Gedig om sy verskyning te maak
- en ek wag nogsteeds!

nou wat ek terugdink aan daai gedig
besef ek wel hoeveel klein Grootmoedige Gedigte ek
sedertdien geskryf het
verse wat nie noodwendig sosiale, ekologiese
en politiese grense verskuif nie
maar verse wat wel vonke in my murg skiet

die Groot Gedig mag my nog ontwyk
maar vir nou skaar ek my by my klein Groothartige Verse
met hulle in my mond
word my voeteval
verkwik met 'n waaghalsige elegansie

- en dis genoeg gevra van 'n gedig
- groot of klein!

 - Lara Kirsten

Tuesday, April 16, 2024

elke dag word my hande hergebore
met die saad van 'n oneindigende veld
van gebare

   *

die kuns van die kleine
is die strewe werd:
een klein tree
is die begin van
die duisend-myl pelgrimstog

   *

hier met die woorde
so digby my
voel ek so tuis en geanker
deel van genesing lê 
in taal

   *

speel spel
spul spaander
spat spalk
spoel spoeg
spuit sprei
sproei spog 
spruit
die woordspieëlings    

   *

drup-drup die dig-druppels

watter grond 
gaan hulle natlei 
vandag?

   *

uit die traankliere van die druppelinge

 - motreën - 

die stil ekstase van 
seëninge

 - Lara Kirsten

Friday, May 19, 2023

klawer-aarde 

        vir my Feetjie-Fiona & Abs van Rooyen


ek het nooit grond besit
maar vandag met my vingers al hangend oor die klaviatuur
voel ek hoe dit is om
n stukkie aarde myne te kan noem
n stukkie swart en wit klank-grond
wat ek met die dieptes en hoogtes op en af kan klim

hoe baie klaviere het al onder my hande gegaan
onder my palms gesing
gebrand gevloei gevlieg
maar dan moet ek gou koebaai sê
want hulle was nooit myne nie

maar hier staan my eie klavier nou haar stewige staan in my see-huisie
is dit hoe dit voel om
n stukkie aarde te besit?
n stukkie woud?
n stukkie wind?
n stukkie oseaan?
n stukkie oase?

ek sien uit na die trillende horisonne wat deur die snare gaan oopbreek
die getye van melodie
ë wat die mure gaan afbreek
en die sterrehemel van die harmonie
ë
wat in my hart gaan inbreek
ek sien menigte klein oerknalle wat die punte van my vingers gaan lostoor!

maar vir nou,
buig ek neer voor hierdie klawer-aarde
en ek sê dankie  dankie   dankie

 - Lara Kirsten

 

Friday, May 5, 2023

verrukking van klank

vlugtig vlieg die ritmes uit my vingers
en draai ek in 'n kolk van ekstatiese malkoppigheid
totdat swart en wit,
spier en hout,
son en vel
ek en jy
een word
die musiek ons vasboei
die melodie ons in hegtenis neem
en die wispelturigheid van die sikloniese ritmika
ons verewig gevangene hou
in die verrukking van klank

exuberance of sound


flightily the rhythms fly from my fingers
and i turn in a whirlpool of ecstatic madness
till black and white,
muscle and wood,
sun and skin,
you and i
become one
till the music shackles us
the melody takes us captive
and the moodiness of the cyclonic rhythm
ensnares us forever
in the exuberance of sound

 - Lara Kirsten

Monday, April 24, 2023

dit is hoe ons kies

     vir Portchie

o februarie jou mooi en warm ding!
ek gly diep binne in jou murg
daar waar die werwels van somer spruit
ek sny my hande diep in die seisoen se lieste
en ruik die beurende vrugbaarheid

die oseaan is koel marmer vandag
ek dans oor die strandpaaie
met hande wat soos hibiskusse blom

die digkuns rinkink al agter my aan
vir 'n verandering is ek voor die digkuns die pad af
my tone proe die verslustige velde
lank voordat hulle in woorde ontkiem

dit is hoe ek en jy kies om hierdie dae te leef:
duikend, dansend en verwend in elke nuwe nou

 - Lara Kirsten

Monday, April 3, 2023

klok

my hart trek
in die vorm van
‘n klok

     ek prewel ‘n gebed
     mag ons nie lui raak met liefde en
     nooit die noodsaak van die skeppingsdaad minag

ek begin lui van diep binne my bors
dit tril en ril deur al my spiere totdat my lyf
opstyg en beier die wye lug in

     word wakker wêreld, word wakker! 
     die nuwe dag breek aan soos ‘n seisoen van swaeltjies
     in vlug na die reuk van somer


bell

my heart pulls
into the shape of
a bell

     i murmur a prayer
     may we not become lazy with love and
     never underestimate the necessity of the creative deed

i begin to resonate from deep inside my chest
it shudders and shakes through all my muscles until my body
starts to rise and chime through the whole sky

     wake up world, wake up!
     the new day breaks like a season of swallows
     in flight after the smell of summer

 - Lara Kirsten

Monday, January 30, 2023

Breathe me to the end of love

~ A parody inspired by Leonard Cohen’s Dance me to the end of love
            
             for Kim

Breathe me to your love with a flaming aloe
Breathe me through the longing ’till I’m folded in your arms
Lift me like a laurel leaf and be my summer swallow
Breathe me to the end of love
Breathe me to the end of love

Oh, let me see your heart when the lights go out
Let me feel you breathing like they do in the dance-halls
Breathe me slowly what I know that makes me gasp
Breathe me to the end of love
Breathe me to the end of love

Breathe me to the mountains, breathe me on and on
Breathe me very velvety and breathe me very long
We’re both of us behind our joy, we’re both of us in front
Breathe me to the end of love
Breathe me to the end of love

Breathe me to the forests who are begging to be grown
Breathe me through the lips that our kisses have outworn
Cup your hands now, though the water runs out
Breathe me to the end of love

Breathe me to your love with a flaming aloe
Breathe me through the longing ’till I’m folded in your arms
Touch me with your naked breast or touch me with your heart
Breathe me to the end of love
Breathe me to the end of love

 - Lara Kirsten

Tuesday, November 15, 2022

Ode to the Mango

Oh Mango!
i just ate the best specimen of you today
i can die a thrilled and exhilarated human being!
Oh Mango - delightful sister in the Anacardiceae family -
you are soil sun forest and nectar gloriously fused
there is no other fruit like you
you bring out proud and unashamed selfishness in me
i want to eat you all alone
you are made to be eaten in your exotic entirety
juicy and messy
even when i slice off your skin
i dig my teeth inside each peel
to run the very last sweetness of
your exquisiteness over my tongue
i can only be so patient and civilised
soon i throw the knife clatteringly into the basin
i grab hold of you with my two adoring hands
Oh Mango!
i sink my teeth deep
thrusting close closer and closest to your heart
i suck and pull at your clinging fibres
there is a leafiness
an earthiness
a primordial forestiness
that nestles in your flesh
i try to capsule your inimitable aroma with my tongue
i want to shackle you to my throat
you are sweet sun incarnate
oh drip down my throat forever and ever
let my uvula turn into the branch of a tree from
where you can hang your volcanic flavour and
lava over the voraciousness of my ravishing
Oh Mango!
you have gravitas
you have presence
you have boldness
you have splendiferous explosiveness
when i peel you it is like pulling the trigger from a grenade
but the explosion is not bloody and damaging
it is healing binding connecting
my every tissue into a wholeness of harmony
i do not dismay when your fibres cling between my teeth
i do not grab for the floss
i let the last signs of mango
turn my teeth into flying buttresses and
my tongue into singing spires
Oh Mango!
you make my mouth rise
like a grand cathedral from
your radiant revelations

 - Lara Kirsten

Wednesday, November 2, 2022

klipwee

          meanings that will not part from the rock - Ted Hughes

hoeveel weke nou in die stad
en my oë soek elke greintjie van klip
en onbewoonde klip-koppie uit
daar is so 'n sterk hunkering na
'n diepe indompeling in
die klip-natuur

dit is 'n skaarse ding hier
want sement en staal floreer
en tentakel onderhands
elke klip-porie

as daar so iets bestaan soos heimwee
dan moet daar seker ook klipwee wees -
'n wilde waansin om in aanraking te kom
met suiwer onopgesmukte klip
daai onstuitbare honger na
die
genadelose
opregtheid
van
klip

 - Lara Kirsten

Tuesday, July 12, 2022

Escher tuimel in die digtersharte

ek wil 'n gedig skryf
wat soos Escher
jou kop en lyf laat dryf
op met die trappe af
wanneer jy dink jy rym na regs
gooi hy jou radar na
links
jy dink jy het gaan visvang
en nou sit daar 'n voël in jou net
die dubbeldwarsterugspieëling van metafore
die interweef van dimensies
kruisbestuif die oorvleueling van persepsies
en soek nie om die positiewe van die negatiewe te onderskei
hulle is gesmelt in dieselfde gesig van die munt
'n gedig met geen begin of einde
'n oneindigende verdraaiing en intolling van
'n duisend digtersharte
wat jou dieper en vlakker
verder en nader bring aan die perspektief
jy bly jou inasem uitasem
terwyl jou vryheid verstrengel lê in
die labirintynse arms van hierdie vers

 - Lara Kirsten

Monday, June 13, 2022

dit is nie toevallig

Madame Poësie,
dit is nie toevallig dat
jou Poesie sonder die umlaut
die ingang van die wêreld en
al sy wondere is nie!

O Poësie,
Jy is my Poesie sonder die deelteken
die kolkgat van ekstase
die fluweelsikloon van verrukking
die peristaltiese kern van Kreatiewe Begeerte


die kwikstertjie

die kwikstertjie kom deur die koffiewinkel gepyl
hy weet presies hoe om
om die stoele, rakke en menskoppe te navigeer

soos wat die kafee leër word
vlieg hy weer na binne en trippel
met 'n ratse self-vertroue oor die vloer
pik al agter die krummels aan

sy lewenshouding soveel aantrekliker
as meeste mense bukkend oor
hulle fone en koffiekoppies

 - Lara Kirsten