Wednesday, May 26, 2021

word ek 'n groot seilskip

wanneer ek met jou liefde maak
rys my lyf op uit die harde hoekigheid van die bed
en word ek 'n groot seilskip
my sternum en ribbes waai oop
en bol soos groot wit seile
jy sprei soet en silwer al om my dye
soos die Atlantiese waters met sonsopkoms
my arms en hande is die mas wat in
die fluweel winde van jou liefde
ferm en swierig hoër en hoër uitstyg
en die son van jou oë
duik soos dolfyne in die golwe van my plesier

 - Lara Kirsten