Wednesday, July 1, 2015

Vroegdood

Die dood
vir vele vriend én vyand
vou my in twee

my graf nog nie gegrawe
maar my kis
geverf

in donker kleure
en stof –

in dié lewe
is die lewe maar dood

en die dood
‘n angel

wat nooit
sterf. 

 - Alvené Appollis-du Plessis

No comments:

Post a Comment