Thursday, June 25, 2015

 rivier en son

soos rivierstrome moeiteloos
oor klip stroom
stroom die frases van musiek deur
die ravyne van tyd
kalwe dit my siel uit in
diep holtes waarin
die melodieë soos helder waterpoele blink

as die musiek nie speel nie
is dit soos droogte
en kan die dorre rivierbeddings nie meer wag
vir die feesvierende frases
om uit die wolke te breek
en die honger holtes van ons ore
te verkwik met salwende harmonieë

suiwer suiwer suiwer mag ons siele bly
in die versuiwerende klank van musiek
die klank kolk oor my
en soos ‘n bedrewe toornaar
trek hy my siel van binne na buite
en voel ek hoe die musiek soos die son
seëninge oor my lyf uitspreek

- Lara Kirsten

No comments:

Post a Comment