ek staan in die Sparerib-grot in die Bannerman's pas
in die Drakensberge
die magtige opening in die sandsteen-flanke
laat my eie mond oophang
die blootstellende omhulling
van die gapende aarde
die kille omhelsing van die nat verkalkte klipwande
gee my 'n tydelike sin van behoort
ek wil nie veel in die lewe hĂȘ nie
slegs 'n digterlike spelonk
tussen my twee wange
waarin die verse drup drup drup
en bly eggo met die valleie af
in die Drakensberge
die magtige opening in die sandsteen-flanke
laat my eie mond oophang
die blootstellende omhulling
van die gapende aarde
die kille omhelsing van die nat verkalkte klipwande
gee my 'n tydelike sin van behoort
ek wil nie veel in die lewe hĂȘ nie
slegs 'n digterlike spelonk
tussen my twee wange
waarin die verse drup drup drup
en bly eggo met die valleie af
- Lara Kirsten
No comments:
Post a Comment