Wednesday, August 19, 2015

Augustus

In sy nessie tussen winter en lente
lê hy stilskaam,
daal soos motreën in die somer 
saggies op jou neer

hy herinner jou
skaamteloos
oor die jaar wat op sy rug lê
en wag om geslag te word

terwyl jy nog gister se wonde lek.

 - Alvené Appollis-du Plessis

No comments:

Post a Comment