Thursday, April 11, 2013

Ryp druiwe


die klavierklanke val
soos
ryp druiwe
uit
die lug
vol trosse kom lê soet-soelig diep binne my oor
draai om en om in
'n hemelse taai mallemeul in
die ingewandes
van
my siel
die rillings breek uit oor my kopvel
en die toppe van my skouers
ek is bang as
die stilte
gaan kom
ah, om verewig in die hand van klank te lê
daar waar dit resonerend warm is
vat my nie weg van hierdie klank!
kom klank,
kom val
soos ryp druiwe
in my oor
bederf my
met
'n oomblikse versadiging
van
hierdie
nimmereindigende
honger

- Lara Kirsten

No comments:

Post a Comment