Tuesday, October 6, 2020

bedagsame pigmente

al wie bly mediteer in hierdie tye
is die bedagsame pigmente
wat nie meer die hart het om
oor die velle te wil spat nie

abbakus

en speel abbakus-abbakus met die blare

ek moet weer in aanraking kom met

die in-tel-lig-ensie van die natuur 

kariljon

die meganiese trots van die kariljon
kners op sy tande
elke beier van sy klokke loop katvoet
deur die vergetelheid
wat knobbelrig bly progresseer met groot drif

- Lara Kirsten


No comments:

Post a Comment