sy
en haar rebelese ribbes kom lê
onder die
goeiste genade groen van die bome
haar
bene bulder van verligting om
vry van
stoel te wees
haar
agsiestog arms wil net wegsink
in
die spierkragtige sintaksis
van
somer
haar wag-‘n-bietjie
wange bloos van
die
lekkerkry van haar verbeelding
haar
dragtige duime kan nie wag
om
lofliedere oor sy vel te baar
deur
die geweldlose gordyne sien
hy
haar baanbrekende borste
hy
lig sy waansinnige wenkbroue
en
gaan staan styf teen die koel malvapoeding mure
hy
mik-mik na haar
maar
die kniehalterende tafelhoeke
en slinkse
stofballe pootjie hom
hy
bly tuur na buite waar
die
bloeiende ballonne net nie wil stol
die
lug slaan uit vol kneusplekke in pleitende pers
al
wat hom sal red is
'n
piromaniese pasaangeër
sy
sal dan dalk in sy hart begin kan glo
sy
sien die triestige tarentaal oor
die
hygende hoofweg hol
die
migrerende marionette weet nie waarheen!
alles
voel soos fluweelagtige verwarring
vreesaanjaende frikatiewe glip uit haar mond
haar beneukte
boude kry uiteindelik sit
soos
wat die waaghalsige wolke
die
roekelose donker invaar
sy klim binne-in die kabbelende kerslig
en
vou haar woorde een-vir-een uit
oor die
pruimedantkleurige papier
- Lara Kirsten
No comments:
Post a Comment