waar ek opreg eg ek is
skryf skryf SKRYF
want dit is waar ek
opreg
eg
ek
is
my gedigte verval nie in
valse glimlagte en senu’agtige
laggies nie
ek hou so van hulle
onopgesmuktheid
ek beny hulle vermoë om
onnodige babbel tics en
stopwoorde te vermy
hulle is dikwels meer ek as ek
niemand anders behalwe my
gedigte
mag woorde in my mond sit!
- Lara Kirsten
No comments:
Post a Comment