elke dag word my hande hergeboremet die saad van 'n oneindigende veld
van gebare
*
die kuns van die kleine
is die strewe werd:
een klein tree
is die begin van
die duisend-myl pelgrimstog
*
hier met die woorde
so digby my
voel ek so tuis en geanker
deel van genesing lê
in taal
*
speel spel
spul spaander
spat spalk
spoel spoeg
spuit sprei
sproei spog
spruit
die woordspieëlings
*
drup-drup die dig-druppels
watter grond
gaan hulle natlei
vandag?
*
uit die traankliere van die druppelinge
- motreën -
die stil ekstase van
seëninge
- Lara Kirsten